Local newsNews
Oud-Bastionner gekroon as Mev Heelal SA
Ianthe sal Suid-Afrika in Desember in die Mev Heelal Skoonheidskompetisie in China verteenwoordig.
‘n Oudleerder en 1996-leier van Hoërskool Bastion, Ianthe (Wessels) Ludeke, is vanjaar as Mev Heelal Suid-Afrika gekroon.
Ianthe sal Suid-Afrika in Desember in die Mev Heelal Skoonheidskompetisie in China verteenwoordig.
“Ons by Bastion wens haar baie geluk met haar titel as Mev Heelal Suid-Afrika, en wens haar alle sterkte toe vir die kompetisie in Desember,” het Gert Koekemoer, hoof van Hoërskool Bastion, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
