Local newsNews

‘n Lekker sirkusuitstappie vir die kinders

Die Hands of Care-organisasie het onlangs 'n groep kinders sirkus toe geneem. Hulle beplan ook groot dinge vir Kersfees.

Die sirkus het onlangs weer ‘n draai in Krugersdorp kom maak en die Hands of Care-organisasie het die geleentheid gebruik om minderbevoorregte kinders soontoe te neem.

‘n Groep van nagenoeg 20 kinders het nie net na die sirkusnarre en toertjies gaan kyk nie, maar het sommer ook ‘n lekker ete van Spur gekry. Die kinders is ook verder bederf met ‘n roomys, lekkergoedpakkie, koeldrank en kolwyntjies, en het hul tydjie daar terdeĆ« geniet.

Die organisasie hou op 13 Desember ‘n Kerspartytjie waar hulle geskenkies gaan uitdeel. Hulle vra dat diĆ© wat wil help, ‘n geskenkie in ‘n skoenboks sit en die ouderdom en geslag van die kind daarop skryf.

Die hoogtepunt vir die organisasie sal hul Hands of Care Christmas Festival Food Drive wees wat op 14 Desember plaasvind. Daar sal sangers, ‘n baba-, ‘n potjiekos-, en ‘n Meneer en Mejuffrou Hands of Care-kompetisie, dansers, antieke motors en baie stalletjies wees.

Die fees word by die Randfontein Rugbyklub by Conventstraat 10 in Greenhills gehou. Dit sal om 8vm begin en tot 5nm duur. Toegang is R20 per volwassene en R10 per kind.

Daar is nog plek om stalletjies vir die fees te bespreek. Vir verdere inligting, skakel Madeleine by 081 415 9896 of Rina by 072 216 3985.

Madelein bedank ook graag al die borge wat gehelp het om die kinders se sirkusuitstappie moontlik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button