NewsSchools

Hierdie Monnas-onnie wil nie stagneer nie

Stefan is reeds van 2014 af by die skool en het sy BA honneurs in Bedryfsadministrasie deur die Southern Business School (SBS) verwerf.

Stefan Colloty, ‘n onderwyser en afrigter van die o.15A-rugbyspan by Hoërskool Monument spog deesdae met sy honneursgraad.

Stefan is reeds van 2014 af by die skool en het sy BA honneurs in Bedryfsadministrasie deur die Southern Business School (SBS) verwerf. Sy hoofvak was Openbare Sektor Bestuur.

Hy het vertel dat die graad baie mooi ingeval het by sy werk en dat die honneursstudies hom die geleentheid gegee het om sy vakke so te kies dat dit by sy toekomsdrome inpas.”Dit was altyd deel van my planne om verder te studeer om myself te bemagtig. Die feit dat Monnas geassosieer word met SBS het vir my die gulde geleentheid gebied om presies dit te doen.”

Dit het laat aande, vroeë oggende, tonne geduld en fantastiese tydsbestuur geverg om sy studie te voltooi. “Enige vorm van studie is ‘n uitdaging. Om my honneurs te doen terwyl ek ‘n voltydse onderwyser is met ‘n familie en ‘n uiters kompeterende buitemuurse program by een van die beste skole in die land is ‘n perd van ‘n ander kleur,” het hy verduidelik.

En wat hou die toekoms vir Stefan in? Hy het vertel dat hy ‘n gedrewe persoon is wat nog baie in sy professionele lewe wil bereik. Oor die kort termyn werk hy hard vir bevordering omdat hy glo ‘n mens kan dit nie in vandag se omstandighede bekostig om te stagneer nie.

“Oor die lang termyn hou ek my opsies oop vir ‘n geleentheid om my meestersgraad aan te durf.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button