Graad 8-leerders Miché Smith en Marzaan Mellett geniet hulle eerste pouse nadat hulle vyf maande laas by die skool was weens die inperking. Foto: Jaco Human.
Dit is weer terug klaskamer toe vir die dorp se leerders na twee weke se vakansie.
Hierdie keer sluit die Graad 8’s en 9’s by die seniors aan nadat hulle vyf maande lank, sedert die begin van die inperking in Maart, nooit op ‘n skoolbank gesit het nie. Die Graad 10’s, 11’s en 12’s het reeds ‘n paar maande gelede begin skoolgaan om te verseker dat hulle gereed sal wees vir die rekord- en eindeksamen.
Juffrou Elmarie Jordaan help Graad 8-leerling Petrus Radebe tydens hul eerste Engels-klas na vyf maande van tuisbly. Foto: Jaco Human.
Hoërskool Noordheuwel laat tans net die helfte van hul leerders op ‘n bepaalde dag skoolgaan, gevolglik gaan elke groep elke tweede dag skool toe om sosiale afstand te verseker.
Die Graad 12-leerders studeer tuis en kom net skool toe indien hulle ‘n vraestel vir die rekordeksamen moet skryf, wat help om die skoolgange so leeg moontlik te hou.
Junior Nories Brendan Naudé, Kean Steyn-Shawe en Chris van der Merwe spandeer hul eerste pouse langs die atletiekbaan nadat hulle vyf maande laas by die skool was weens die inperking. Foto: Jaco Human.
Al die leerders en personeel dra maskers regdeur die dag, hande word ontsmet voordat hulle die klaskamers binnegaan, en leerders hou hul afstand gedurende pouses. Dit is wel vreemd om ‘n leerders op ‘n rugbyveld te sien sonder ‘n bal in sig omdat kontaksport nog verbied word.
Graad 8-leerder Handro Smith se hande word ontsmet voordat hy die klaskamers binnegaan. Foto: Jaco Human.
Leerders sal wel heel moontlik hul vakansietjie van om en by 10 dae in September kry, maar dit lyk of die jaar daarna nog lank gaan wees, veral indien die eksamen tot in Desember duur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.