NewsSchools

Kwaak-Kwaak-kleuters hou makietie

Kwaak-Kwaak kleuterskool het onlangs hul 30e verjaarsdag gevier en die kinders het sommer lekker partytjie gehou.

Dit was onlangs ‘n jolige dag by Kwaak-Kwaak kleuterskool toe onnies, kleuters, en oudleerders asook twee narre saam die skool se 30e bestaansjaar gevier het.

Die News het die vieringe bygewoon en na hul geskiedenis gekyk. Heidi Clements, die skoolhoof het verduidelik dat haar ma, Greet Frank, haar Hoër Onderwysdiploma voltooi het en by Laerskool Paardekraal gewerk het.

Kyk hier:

Hulle is vyf kinders en mettertyd het Greet besluit om eerder haar eie speelgroepie te begin. Die speelgroepie het so gegroei dat sy ‘n perseel in Buitenstraat gehuur het en haar eie kleuterskool, Kwaak-Kwaak is op 20 September 1990 geopen. Oor die jare kon Greet die perseel langs haar huis koop en Kwaak-Kwaak het soontoe geskuif.

Greet het haar kleuteronderwysgraad later deur Unisa voltooi en het die perseel langs haar eie huis gekoop. Dit is waar Kwaak-Kwaak deesdae is.

Zayden Muller saam met sy ma Zandrie Vorster wat ook jare gelede ‘n Kwaak-Kwaak-leerder was. Foto verskaf.

Op Vrydag, 18 September het die skool hul verjaarsdag gevier soos hulle elke jaar doen, het Heidi vertel. Die 36 kinders is vermaak deur Biebie en Bop, twee narre wat hulle met kulkuns en grappies vermaak het.

Daarna het al die leerders in die tuin partytjie gehou en koek geëet. Al die kinders het ook vir hulself verjaarsdagkrone gemaak wat hulle dié dag kon dra.

Okuhle Tembe het saam partytjie gehou.

Greet het natuurlik nie net ‘n gewone kroon gehad nie maar ‘n goue een, want sy verjaar saam met haar skool. Sy het op 20 September 70 jaar oud geword en ook ‘n kaartjie en ‘n groot bos blomme van die kinders en personeel ontvang.

Heidi Clements, die skoolhoof, Elancke Rodrigues, Greet Frank en Miatay Ferreira.

Heidi het vertel hoe lekker dit vir hulle is dat van die kinders wat in hul klein skooltjie was toe hy ontstaan het, nou self ouers is wat hul kinders ook Kwaak-Kwaak toe stuur. Omdat die dag so spesiaal is, het die leerders ook hul landslied en hul skoollied uit volle bors gesing.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button