NewsSchools

Nuwe kapteins vir die Norie-skip gekies

Daar is hard beraadslaag oor die kandidate wat die skool oorweeg het, en op Vrydag, 18 September is die leiers vir aanstaande jaar by Noordheuwel aangekondig.

Hierdie jaar is Hoërskool Noordheuwel gretig om weer terug te keer na ‘n vorm van normaliteit in die skool. Behalwe vir die komende eindeksamen is die beste metode moontlik om die leerderstruktuur te vervars en 2021 se leierraad aan te stel.

Die skool se leerderleiers word hoofsaaklik in twee duidelik onderskeibare groepe verdeel – die Verteenwoordigende Leerders Raad (VLR), wat bestaan uit verteenwoordigers van elke graad, buiten die Graad 12-groep, wie se leiers die Norie Raad genoem word. Die Norie Raad bestaan uit 25 seuns en 25 dogters, met die hoofseun, hoofdogter en hul ses onderhoofleiers. So ook het elke graad 50 VLR-lede.

Voormalige Norie-hoofdogter en -seun (agter) Jean-Mari Olivier en Albert Loubser verwelkom die nuwe hoofdogter Danica Strydom en hoofseun Hardus Nortjé. Hier is hulle saam met skoolhoof Dawie Kriel. Foto: Jaco Human.

Daar is hard beraadslaag oor die kandidate wat die skool se personeel en 2020-leiergroep oorweeg het.

Noordheuwel se bemarker, Sonet Guy het verduidelik, “Die VLR en Norie Raad gaan altyd saal toe, maar as gevolg van Covid-19 is hulle verdeel in twee groot lokale; die ouditorium en die saal. Dan is daar ‘n hele proses daar rondom. Hulle nomineer byvoorbeeld meisies vir hoofdogter, seuns vir hoofseun, en dan nadat ons hulle gekies het en dis aangekondig, gaan hulle oor na die nominasies vir onderhoofseuns en onderhoofdogters. Dan stem al die VLR-lede. Elkeen mag drie keer stem, want daar is drie onderhoofdogters.”

Die nuwe raad, wat bestaan uit dié jaar se Graad 11-leerders, sal so gou moontlik aan die werk moet spring, aangesien die huidige Graad 12-leiers voorberei vir hul groot eindeksamen. Daar is tot dusver geen Graad 8’s as leiers vir die komende jaar aangewys nie, aangesien, “… hulle mekaar nie regtig ken nie. Hulle het basies net drie maande skool gehad, toe is dit grendeltyd,” het Sonet verduidelik.

Die nuwe groep leiers het verskeie verantwoordelikhede. Hulle is onder meer Norie-ambassadeurs vir die buitewêreld waar hulle die skool in alle opsigte moet verteenwoordig; hulle tree op as tussengangers tussen leerders en die skoolbestuur; hulle moet ‘n goeie voorbeeld stel vir ander; en daar word van hulle verwag om verskeie rolle tydens skoolbyeenkomste te vervul.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button