Laerskool Protearif het Erfenisdag behoorlik gevier deur ‘n braaidag vir al hul leerders by die skool te hou.
Op 23 September kon die leerders volgens die kleure van die nasionale vlag aantrek en hul eie eierspaan of braaitang vir ‘n massabraai saambring skool toe.

Die seniors het wors gebraai terwyl die juniors elkeen ‘n vleisie vir ‘n hamburger gebraai het wat hulle tydens ‘n lekker piekniek buite kon geniet.

Vrydae is deesdae die dag waarna almal by die skool uitsien. Dan kan die kinders gewone klere aantrek dra as die skool se manier om vir hulle dankie te sê dat hulle skool toe kom en so hard werk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
