NewsSchools

Proties gee terug, met bloed, op hul tornado-herdenkingsdag

Presies drie jaar na 'n verwoestende tornado Laerskool Protearif getref het, het ouers en personeel besluit hulle wil ander weer help deur bloed te skenk.

Op die herdenking van die dag waarop ‘n tornado verwoesting by Laerskool Protearif gesaai het, het die Proties-familie besluit om terug te gee aan die gemeenskap.

Op Vrydag, 9 Oktober, het hulle ‘n bloedskenkgeleentheid by hul skool gehad wat hul stoutste verwagtinge oortref het.

Die geleentheid is deur Martha Viviers, ‘n Protie-ouer en Lorraine Snyman, die skool se adjunkhoof gereël.

Laurika en Andre Norvall het ook bloed geskenk.

Martha het verduidelik hoe die gemeenskap hulle bygestaan het nadat die tornado die skool drie jaar gelede getref en groot dele daarvan vernietig het.

“Hierdie is ons manier om terug te gee aan die gemeenskap,” het sy gesê.

Pamflette is voor die geleentheid uitgedeel sodat soveel moontlik personeel en ouers kon gaan bloed skenk. Hul mikpunt was 80 eenhede bloed.

Lebo Seatlholo van die Suid Afrikaanse Bloeddiens saam met die bloeddruppetjie-gelukbringer Ruben Delport.

Teen Vrydagoggend het reeds 105 mense belowe dat hulle sou skenk, en aan die einde van Vrydag kon die skool met trots sê dat 117 eenhede bloed geskenk is.

“Ons wil graag ander skole in die omgewing uitdaag om dieselfde te doen en te kyk hoeveel hulle kan insamel,” het Martha gesê.

Die hele span van All-Glen Group het die geleentheid ondersteun en bloed geskenk.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het juis onlangs aangekondig dat daar ‘n bloedtekort is.

Besoek hul webwerf vir meer inligting en om ‘n mobiele bloedskenkgeleentheid te bespreek. Skakel gerus ook hul inbelsentrum by 0800 11 9031.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button