NewsSchools

Norie-hoof vrygelaat na losprys betaal is

As deel van 'n fondsinsameling om behoeftige ouers te help het Hoërskool Noordheuwel 'n deurry-ete op die skoolgronde aangebied.

‘n Belangrike deel van die Norie-ondervinding was nog altyd die ouers se betrokkenheid by die skool.

Dit is nou al amper ‘n volle sewe maande sedert Suid-Afrika se grendeltyd begin het en ouers minimaal tot geen toegang tot die skoolgronde gehad het nie.

Hoërskool Noordheuwel het een laat Vrydagmiddag weer vir die ouers ‘n smakie van die skoolkultuur gegee, al was dit binne streng perke om die gesondheid en veiligheid van almal te verseker. Nog voor die gebeure om 5nm begin het, het talle voertuie die linkerbaan in Belllaan van die skool se dienshek tot by die kruising in die pad af volgestaan.

Onderwyser Lourin Wiese gereed om warm worsrolle te oorhandig. Foto: Jaco Human.

Ouers was gretig om deur die skool te ry en hul ondersteuning vir dié fondsinsamelingsprojek te wys. Hoërskool Noordheuwel het gehoop om R30 000 in te samel, maar dié doelwit is binne net twee uur ver oortref.

Ouers het stadig deur die skoolterrein gery en by bepaalde punte gestop. By die eerste hek is hulle deur ‘n paar onderwysers en Norie-rugbyspelers begroet, en die cheerleaders het hulle vermaak terwyl hulle in die lang tou gewag het. Vandaar het onderwysers in kleurvolle tutus hul kaartjies deur die venster geneem en bottels koeldrank in ruil daarvoor gegee.

Onderwyser Henri Crocker beman die braai. Foto: Jaco Human.

By die volgende stop, links van die klaskamers en regs van die hokkieveld was daar iemand in ‘n oranje tronkoorpak in ‘n hok. Norie-hoof, Dawie Kriel is vroeër die dag deur die Norie-raad gevange geneem en deurgaans daar opgepas. Hulle sou hom net vrylaat indien besoekers die losprys sou betaal aan raadslede wat met insamelingsblikkies tussen die voertuie deurgestap het.

Ian Joubert deel koeldranke uit. Foto: Jaco Human.

Daarna het die ouers kaaskoek of sjokoladekoek ontvang, en verby die rugbyveld en ander geboue gery waar die skool se fietsryers en kultuurleerlinge hulle begroet het. By die laaste stop het die Norie-mansonderwysers varsgebraaide wors op broodrolle geplaas, wat die Norie-damesonderwysers aan die ouers oorhandig het.

Vir hierdie sogenaamde BBP (boereworsrol, bottel koeldrank en poeding) het die ouers R50 betaal, en die opbrengs van die geleentheid gaan gebruik word vir die skool se program vir behoeftige ouers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button