NewsSchools

Kennies-onnies het talent

Om aan te pas by die nuwe manier van dinge doen, het Laerskool Kenmare se onderwysers besluit om vanjaar 'n talentvertoning aanlyn vir hul leerders aan te bied.

Kultuuraktiwiteite soos kuns en dramatiese spel in skole was vanjaar op die agtergrond en het in sommige gevalle nie bestaan nie as gevolg van gesondheidsbeperkings.

Om lighartigheid weer op ‘n manier in hul skool in te bring het Laerskool Kenmare hul onderwysers ingespan om aan ‘n tipe teaterproduksie deel te neem, alhoewel dit ‘n heel ander vorm moes aanneem.

Die Kennies het uiteindelik besluit op ‘n talentkompetisie tussen verskeie groepe onderwysers.

Beoordelaars Elsabe Bell, Sanet Beukes en Peter du Toit word aangeval deur die Doomed-groep se Willine Joubert en Petro Laidlaw. Foto: Jaco Human.

Elke groep het die geleentheid gehad om in die week van 9 tot 13 November op die skool se verhoog op te tree waarna beoordelaars hul menings oor die optrede gegee het.

Die optrede is professioneel opgeneem en word van 20 tot 22 November om 6.30nm aanlyn uitgesaai teen R60 per aand, of teen R150 vir die pakket wat gevind kan word deur die skakel te volg.

Elke groep het hul eie, unieke en interessante benadering tot die talentkompetisie gehad. Die ‘Doomed’-groep het byvoorbeeld die beoordelaars geskok met ‘n tipe riller. Twee gemaskerde figure het vinnig heen en weer oor die verhoog beweeg terwyl die oorhoofse ligte wild geflikker het. Meer as dit kan nie weggegee word nie sodat die gehoor nie die skokkende einde kan voorspel nie.

Die ‘Barbie’-groep het ‘n lewendige opvoering van Aqua se I’m a Barbie Girl gedoen wat ‘n hoofsanger en orkes ingesluit het. Die verhoog het gou in ‘n rock-vertoning verander en musiek het die saal gevul.

Dit was vir die beoordelaars moeilik om ‘n gunsteling te kies, en het dit aan die skool se ouers en leerders oorgelaat om aanlyn vir hul wenners te stem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button