NewsSchools

Veel meer ingesamel as wat dié Nories verwag het

Om van hul Noordskool-gemeenskapslede deur die laaste deel van die jaar te help, het Nories heelwat meer kos ingesamel as wat hulle beplan het.

Dit blyk dat 2020 die jaar vir liefdadigheid is.

Laerskool Krugersdorp-Noord se personeel was goed verbaas toe hulle onlangs een van hul jaarlikse kosinsamelings gehou het. Dit is elke slag ‘n groot sukses, maar hierdie jaar het hulle skaars geweet waar om al die blikkies, pakkies en bokse te bêre.

Onderwyser Quintin Botha se klaskamer is binne ‘n week twee maal so volgepak dat die goedere stoor toe verskuif moes word.

Op Vrydag, 13 November, nadat die insameling veronderstel was om te eindig, het die kosskenkings steeds ingestroom. Onderwyser Adéle Claassens het laggend vertel dat sy nog ‘n hoop goedere in haar klaskamer het wat by die ander gevoeg moet word, tot Quintin se groot verbasing.

Adéle Claassens (D), Quintin Botha (A), Jenna Thomas (N), Amorie Marais (K), Logan Swart (I) en Wessel Lötter se dankie aan die gemeenskap wat gehelp het. Foto: Jaco Human.

Dit blyk dat die Noordskool-gemeenskap hierdie jaar hul harte selfs groter oopgemaak het as tevore. Die doel van hierdie insameling is om 41 gesinne van die skool deur hierdie moeilike tyd te help deur vir hulle ‘n maand se kos anoniem te voorsien.

Goedere soos meel, suiker, koffie, poeiermelk, verskeie blikkies kos, pasta, kitsnoedels, broodsmeer, seep en meer is in ‘n redelik stewige boks met ‘n deksel geplaas. Nadat een boks vir elke gesin gepak is, was daar nog baie produkte oor.

Leë kruideniersakke is bymekaargemaak en met die ekstra produkte gevul om as iets ekstra vir die gesinne te dien. Só kon die Nories trots wees op die feit dat hulle meer kon gee as waarvoor hulle aan die begin van die projek gehoop het.

Die skool sal binnekort ander oorblywende produkte, soos die groot sakke meel, aan ‘n organisasie skenk, alhoewel hulle steeds al die opsies oorweeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button