NewsSchools

Nuwe Graad 1’s van Nories ontdek grootskool

Laerskool Krugersdorp-Noord het reeds aanstaande jaar se Graad 1-leerders en hul ouers voor die somervakansie by die skool verwelkom.

Die heel eerste dag van ‘grootskool’ is dikwels oorweldigend vir die nuwe graadeentjies.

Dit is ‘n dag van opwinding en vele gebeurtenisse wat soms te veel kan wees vir ‘n kleintjie om op een slag in te neem. Die Graad 1-verwelkoming is gewoonlik op die eerste amptelike skooldag, maar die Nories doen dinge dié jaar anders.

André en William Van Loggerenberg sien alreeds uit na die baie speel by Noordskool. Foto: Jaco Human.

In ‘n jaar waarin soveel dinge omvêr gegooi is, het Laerskool Krugersdorp-Noord reeds aanstaande jaar se Graad 1-leerders en hul ouers op Donderdag, 3 Desember by die skool verwelkom.

So kon die leerders in hul klasse ingedeel word, hul nuwe onderwysers ontmoet, die klaskamer bekyk, sien waar hulle gaan sit en inligting ontvang oor hoe die komende jaar gaan werk.

Bryan-Leigh Goosen en Paula Theron bekyk hulle nuwe klaskamer vir volgende jaar. Foto: Jaco Human.

Die idee is dat wanneer hulle op 27 en 28 Januarie begin met klas, baie van die onsekerheid en die druk van die eerste dag baie ligter sal wees. Noordskool het vir hul nuwe Nories ‘n verwelkomingspakkie saamgestel met ‘n aktiwiteitboek waarin hulle kan inkleur en speletjies speel, ‘n paar woord- en klanklesse, en inligting oor wat hulle alles vir die nuwe jaar nodig het.

Daarna kon hulle saam met hul ouers huis toe gaan om te rus en te speel. ‘n Paar van die kleintjies het selfs maats gemaak tydens die verwelkoming en besluit om na skool verder te kuier. Die leerders is gelukkig en tevrede daar weg, slaggereed vir die nuwe jaar.

Sheree Raaths is gereed vir leer by Noordskool. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button