Na jare se harde werk en alles insit in hul skoolwerk het die 2020 Graad 7-groep van Laerskool Kenmare onlangs finaal totsiens gesê met ‘n kloklui-seremonie.
Dit was sewe jaar sedert hierdie 138 Kennies vir hul heel eerste skooldag by die hoofhek ingestap het en die alombekende Kenmare-klok gelui het.

Op Vrydag, 27 November, na dié laerskoolseniors hulle laaste eksamenvraestel geskryf het, is die rooi tapyt vir hulle uitgerol. Elke leerder het die klok eenmaal gelui en vir die laaste keer by die skoolhek uitgestap.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
