Local newsNews

Bejaardes hou modeperade

Die bejaardes van die Moria huis vir bejaardes het onlangs 'n bederfoggend gehad en 'n terugblik gekry op die modes van ouds.

Die bejaardes van Residentia Moria is onlangs bederf met ‘n oggend van skaterlag, ‘n reis deur die modes van die eeue, en ‘n spesiale vertoning deur Donna Viljoen, ‘n jarelange inwoner van Krugersdorp en bekende orrelis.

Die ‘modelle’ – ‘n kombinasie van inwoners, personeel en vrywilligers by die huis vir bejaardes – het rokke uit Donna se klerekas gedra tydens hul modeparade op Donderdag, 11 Februarie.

Dave Dykman en Maxi Saunders wys hoe swemklere jare terug gelyk het.

Donna het reeds in Graad 1 begin musieklesse neem en het haar finale klaviereksamen deur die Royal School of Music van Londen geslaag. Sy is later gekeur om met orrelopleiding by die Raad van Kerkmusiek te begin, ‘n kursus wat drie jaar sou duur. Die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) het ‘n beurs vir die kursus aan haar toegeken op voorwaarde dat sy vir drie jaar as orrelis in die NHK moes diens doen.

In Desember 2020 het sy afgetree na 60 jaar as orrelis in die NHK Krugersdorp-Oos.

Anette Laubscher is gemaklik in die pragtige pakkie.

Sy het ook in hierdie tydperk klavier-, orrel- en klassieke trekklavierlesse aangebied.

“As jy van jou werk hou, hoef jy nooit te werk nie,” het sy vertel.

Neels Rossouw het ‘n deftige pak gedra op die loopplank.

Die modeparade het begin met die jaar 1851 en die modelle het bloemers gedra soos dié wat deur die Amerikaner Amelia Bloomer ontwerp is. Daar was modes uit die 1920’s en rokke waarin vroue die Charleston gemaklik kon dans, en swemklere uit die vroeë 1900’s.

In die 1960’s het roksome begin opbeweeg en die mini is vir die eerste keer in 1965 gedra. Volgende was dit die 1970’s en die era van krimpelien. Die laaste modes wat vertoon is was uit die 1980’s en selfs ‘n paar trourokke het dit ook tot op die loopplank gemaak.

Marie van Niekerk en Marinda Lourens het hul beurt op die loopplank terdeë geniet.

Die oggend is afgesluit met ‘n geskenkie aan elke model en lekker peuselhappies vir die gehoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button