CrimeNews

Tien diefstalvoorvalle in slegs ses dae

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys 24 insidente. Meeste van die voorvalle het in Monument plaasgevind.

EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het hul jongste misdaadverslag bekendgestel en diefstal was heel bo aan die lys. Daar is tussen 9 en 15 Mei tien voorvalle van diefstal by die maatskappy aangemeld.

Dit is gevolg deur vier voorvalle van saakbeskadiging; vier voorvalle van huisbraak; en twee oop-deur insidente. Dan is daar een voorval elk van die rig van ‘n wapen, veediefstal, en poging tot huisbraak, en een van ‘n mediese aard aangemeld.

Die meeste het in Monument plaasgevind waar vyf voorvalle aangemeld is. Daar was ook twee elk in Noordheuwel, Tarlton, Witpoortjie en Mindalore. Krugersdorp-Noord, Delporton, Protearif, Krugersdorp, Wolwekrans, West Village, Krugersdorp-Wes, Breaunanda, Eljeesee en Munsieville het ook onder misdadigers deurgeloop.

Twaalf van die voorvalle het by besighede plaasgevind, elf by wonings en een by ‘n skool.

Kyk na EPR se volledige verslag hieronder:

EPR se misdaadverslag vir Mogale City (skermgreep). Inligting verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button