Local news

Reach For Recovery vra dat borskankerbewustheid deur die jaar voortleef

Borskankerbewustheid behoort nie net tot Oktober beperk te wees nie. Reach For Recovery se Sandra Strydom beklemtoon die belangrikheid van vroeë opsporing en ondersteuning ná chirurgie.

Reach For Recovery doen ’n beroep op die gemeenskap om borskankerbewustheid ook ná Oktober voort te sit en gereeld vir moontlike waarskuwingstekens van die siekte te kyk.

Volgens Sandra Strydom, ’n vrywilliger by die organisasie, ondersteun die internasionale nie-winsgewende organisasie, wat in 1953 in New York gestig is, borskankerpasiënte en hul families emosioneel.

Reach For Recovery voorsien ook omgee-pakkies aan pasiënte ná chirurgie. Dit bevat onder meer ’n kussing om onder die arm te plaas, ’n sakkie vir dreineringsvloeistof en ’n sagte katoenprostese. Staatspasiënte ontvang ook ’n silikoonprostese.

Strydom sê die Wes-Randse tak ondersteun ongeveer 100 mense en fokus veral op ondersteuning ná chirurgie.

Sy moedig mense aan om gereeld bewus te wees van veranderinge aan hul borste, waaronder knoppe, vel- of kleurveranderinge, tepelafskeiding, pyn en swelling.

“Dit vat drie minute om te kyk, en almal is verantwoordelik vir hul eie gesondheid,” sê sy.

Sy beklemtoon dat mense ’n dokter moet raadpleeg indien hulle enige ongewone veranderinge opmerk.

Die organisasie se vrywilligers, wat almal borskankeroorwinnaars is, het op 29 Oktober ’n bewusmakingsstalletjie by Pinehaven-hospitaal aangebied. Hulle het pienk strikkies uitgedeel en besoekers oor borsbewustheid, selfondersoeke en die organisasie se ondersteuningsdienste ingelig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button