AdvertorialBusiness

‘n Apteek waar jy as pasiënt eerste kom!

Met 'n slagspreuk wat lees 'Keeping you Healthy and Happy' is die nuwe Krugersdorp LifeStyle Apteek se fokus om mense se gesondheidsbehoeftes eerste te stel.

‘n Nuwe apteek is in Krugersdorp gebore … ‘n apteek waar jy as pasiënt heel eerste kom.

Hulle naam is die Krugersdorp LifeStyle Apteek/ Pharmacy en watookal gesondheidsbehoefte jy het, hulle is daar vir jou. Jy kan hulle by die nuwe winkelsentrum op die hoek van Cecil Knight- en De Wetstrate in Krugersdorp-Noord vind.

Volgens gekwalifiseerde apteker en eienaar, Hannelie Hartman Sanders, behoort die Krugersdorp Apteek aan die LifeStyle Apteek Groep – ‘n klein boetiek groep apteke wat strek oor die Gauteng, Noord-Wes en Wes-Kaap provinsies.

Gekwalifiseerde apteker en eienaar, Hannelie Hartman Sanders.

“Ons kyk al ‘n geruime tyd uit vir ‘n vars, nuwe en gerieflike spasie vir ‘n gemeenskapsapteek in daardie area en toe die geleentheid hom voordoen met die Heritage Sentrum se nuwe fase 2 ontwikkeling het ons dit aangegryp,” het Hannelie gesê.

Sy het bygevoeg, “Krugersdorp Apteek en die LifeStyle apteekgroep glo daarin dat die pasiënt se gesondheid en geluk eerste kom.

Met meer as 33 jaar ondervinding in die apteekbedryf en ‘n gesamentlike totaal van 84-‘apteekjare’ in groep apteke, is u in goeie hande waar dit by u gesondheidsorg kom.”

Krugersdorp Apteek het juis op Saterdag, 29 Oktober sy amptelike opening gevier. Hannelie se doel was om kliënte beter te leer ken op ‘n informele manier en waarde toe te voeg tot die dienste wat hulle verskaf.

Nie net was daar verskeie aanbiedinge en pryse gewen nie, maar meer as 50 worsbroodjies danksy Cipla is aan kliënte uitgedeel en 86 gratis labratorium cholesterol- en suiker toetse is gedoen. Boonop het Dagdroom kliënte met hul musiek vermaak.

Dominique de Klerk (bestuurder en aankoper) saam met gekwalifiseerde apteker en eienaar, Hannelie Hartman Sanders sny die lint tydens die apteek se amptelike opening.
Raynardt van Rooyen van Cipla.
Die dromspeler van Dagdroom.
Yolandi Botha van die Gulf Drug-maatskappy.
‘n Dagroom-sanger.
Mangaliso en Ndumiso Gumede van XS Health.
Vaughan Venter van Medinox.

“Ons kon twee nuwe diabete identifiseer en het meer as 10 pasiënte bewus gemaak van hoë cholesteroltellings – almal wat voorheen nie bewus was van hierdie gesondheidsrisikos nie – en dit alles op ‘n Saterdagoggend!”

Lindi Smit toets haar cholestrol en suiker.

Met ‘n slagspreuk wat lees ‘Keeping you Healthy and Happy’ het Hannelie gesê die fokus van Krugersdorp LifeStyle Apteek is om mense se gesondheidsbehoeftes eerste te stel en met hul goeie raad en diens, almal gesond en gelukkig te hou.

Ons fokus op die individu en sy/ haar familie se behoeftes – jy is nie net ‘n nommer nie.”

Wat bied Krugersdorp LifeStyle Apteek?

• Krugersdorp Apteek is jou eerste stop. Ons bied professionele raad en diens en kan jou medisyne-vrae beantwoord en die korrekte behandeling voorskryf.
• Ons is ingekontrakteer met die meeste mediese fondse. Ons poog om produkte wat moeilik bekombaar is te bekom of betroubare alternatiewe voor te stel.
• Ons bied ‘n gratis aflewerings diens.

Nicola Erasmus, locum apteker.

• Ons bied kliniek dienste teen bekostigbare pryse aan. Ons trek ook bloed namens ‘n laboratorium, doen papsmere en ander diagnostiese toetse.
• Ons beplan om ook sekere basiese kosmetiese behandelings aan te bied in die toekoms.
• Ons maak kommunikasie maklik vir pasiënte – deur WhatsApp, telefoniese en epos kommunikasie.
• Aktiewe Facebook-blad waar ons gesondheidswenke en spesiale aanbiedinge deel.

Bettie de Witt, algemene assistent.
Michelle Yssel en Nicola Erasmus van die Krugersdorp LifeStyle Apteek/ Pharmacy help vir Sonja van der Vyver.

“Ons hou ‘n volledige reeks voorskrif medikasie, omvattende self-help medikasie en noodhulp benodighede, aan. Ons hou ook algemene apteek voorwinkel produkte aan, kosmetiese middels en ‘n baie eksklusiewe velsorg reeds – Dr Grandel – produkte en gesigs ampules aan. Ook ‘n verskeidenheid vitamienes en natuurlike produkte, sonskerms, son- en leesbrille en interesante, oulike geskenke. Kyk ook uit vir ons maandelikse spesiale aanbiedinge wat waarde toevoeg tot u begroting.

Krugersdorp LifeStyle Apteek is ‘n leefstyl-apteek. Ons kyk holisties na die pasiënt en besef dat meeste mediese probleme se oorsprong vasgestel moet word en uit meer as een hoek behandel moet word.

“Ons probeer in ‘n rustige, professionele en moderne atmosfeer skep om ons kliënte gesond en gelukkig te hou met maklike en direkte kommunikasie opsies. Krugersdorp LifeStyle Apteek – hoe kan ons van diens wees?”

Stoor hulle nommers nou op u foon en kontak hulle via WhatsApp by 066 194 7760 of skakel die apteek by 011 660 1118 of per epos krugersdorp@lifestylepharmacies.co.za.

Wie is die Krugersdorp LifeStyle Apteek-span …

• Lezaan Robertson – apteker
• Nicola Erasmus – locum apteker
• Michelle Yssel – aptekersassistent
• Bettie de Witt – algemene assistent
• Melicia Corneelsen – algemene assistent en bemarking
• Matso Ditsele – algemene assistent
• Shawn Steynvaart – aflewerings bode
• Monica Engelbrecht – admin
• Dominique de Klerk – bestuurder en aankoper
• Hannelie Sanders – eienaar en apteker

Die Krugersdorp LifeStyle Apteek-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button