Huisbraak neem oor by diefstal in Mogale – EPR
Minstens 10 huisbraak insidente en een poging to huisbraak is alleenlik by EPR Sekuriteit aangemeld in Mogale vir die tydperk van 23 tot 29 Januarie.
EPR Sekuriteit het hul jongste misdaadverslag bekendgemaak vir die tydperk van 23 to 29 Januarie en aangedui dat daar 32 insidente by hulle aangemeld is.
Waar diefstal vir weke heel bo aan die lys was, is dit hierdie week deur huisbrake verby geneem. Minstens 10 huisbraak-insidente is aangemeld en een poging tot huisbraak. Dit is dan weer kortkop gevolg deur nege diefstal insidente. Ander insidente het ingesluit roof, betreding, aanranding, voertuigdiefstal en saakbeskadiging.
• Also read: Theft out of hand in Mogale? EPR reveals another 10 incidents
Meeste van die insidente het by besighede plaasgevind –18 om presies te wees terwyl net een betreding voorval by ‘n skool in Von Brandisstraat aangemeld is.
Die drie besigste areas vir misdaad was Noordheuwel met nege voorvalle, die Krugersdorp-middestad met ses, Lewisham met vier en Vlakplaas met drie. Dit blyk asof naweke tog kriminele se mees opportunistiese tyd bly en is daar op Maandag, 23 Januarie sewe insidente aangemeld, ses op Dinsdag, 24 Januarie en sewe op Sondag, 29 Januarie.
Sewentien van hierdie gevalle het tussen middernag en 12:00 in die dag gebeur terwyl die ander 15 gevalle smiddags en saans plaasgevind het.
Kyk na EPR se volledige verslag hieronder:

