Municipal

Gevaarlike kruisings: Skoonmaakprojek geloots en jy kan help

Wees deel van 'n massa skoonmaakprojek om lang gras te sny by gevaarlike kruisings op 22 Februarie.

AfriForum het ‘n opkomende skoonmaakprojek waar hulle die gemeenskap aanmoedig om deel te wees daarvan.

Thys Blom die burgerregte-organisasie se projekspanleier het gesê almal sal by Kudupark ontmoet vanaf 08:00 op Saterdag, 22 Februarie.

‘n Vorige skoonmaakprojek.

“Die skoonmaakprojek behels dat ons gevaarlike kruisings in die dorp gaan skoonmaak deur die lang gras te sny. Op die oomblik is daardie kruisings ‘n gevaar want dit is moeilik om verkeer te sien,” het hy vertel.

“Ek moedig die gemeenskap aan om in te spring om te help en ‘n verskil te maak. Ons het toerusting soos harke en sakke maar die gemeenskap is meer as welkom om hul eie te bring,” het Thys afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button