Municipal

Raadslede oorval met navrae van inwoners oor foutiewe munisipale rekeninge

Raadslede oorval met navrae oor foutiewe munisipale rekeninge sal binnekort duidelikheid verskaf.

Raadslid Lourens Gouws, wat op die finansiële komitee van die munisipaliteit dien, sê hy en ander raadslede word oorval met navrae oor munisipale rekeninge wat verkeerdelik aan inwoners gestuur is.

Gouws sê dit blyk dat baie inwoners se betaling van die vorige maand nie op die nuwe state weerspieël word nie.

“Vir baie inwoners is die vorige maand se lesings oor beide krag en water net beraam. Ons het vandag, 18 Februarie, ‘n vergadering wat duidelikheid oor die situasie sal gee,” het Gouws gesê.

Die Krugersdorp News sal lesers op hoogte hou indien meer inligting beskikbaar gestel word om duidelikheid te verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button