Ma op soek na oorlede seun se kar
Familie doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle te help om 'n oorlede geliefde se voertuig op te spoor.
‘n Ma van Rustenburg is desperaat op soek na haar oorlede seun se voertuig.
Petro Swanepoel het vertel dat haar seun, Anton Swanepoel op 7 Augustus oorlede is. Hy het Vrydag 5 Augustus by haar gekuier en vir haar vertel dat hy die blou Daihatsu ingegee het om reggemaak te word in Krugersdorp.
Sy het glo die voertuig vir haar seun geleen sodat hy sy eie vervoer kon hĂȘ. Hy het volgens Petro die hele enjin oorgedoen en net gesukkel met die toereteller. Hy het die voertuig ingegee om reggemaak te word.

Die 31-jarige Anton is die pa van twee pragtige seuns van vier en vyf jaar oud. Hy was Petro se enigste seun en was volgens haar baie lief vir sy twee sussies.
Die familie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle te help om die Daihatsu op te spoor.
Indien jy weet waar Anton die voertuig ingegee het kan jy vir Petro skakel by 084 897 7959.

