High SchoolLocal news

Monnas matrieks van 1982 vier 40 jaar reünie

Oud-skoliere het bymekaar gekom in die Gedenksaal om weer op te vang en lekker te eet.

Dit was ‘n aand van vet pret, lekker lag en spesiale herinneringe van hul skooldae toe sowat 100 matrikulante van 1982 van Hoërskool Monument bymekaar gekom het vir hul 40 jaar skoolreünie.

Die reünie het in die Gedenksaal van die skool plaasgevind waar oud-leerders en hul metgeselle die aand van Saterdag, 15 Oktober terdeë geniet het.

Een van die organiseerders, Wayne Nell, het vertel dat die reünie ‘n komitee gedrewe inisiatief was met insette vanaf die komitee gedryf deur Kobus Coetsee as voorsitter.

“Die reünie het ongeveer vier maande geneem om te reël en die plan was om soveel tyd aan kuier te bestee waar baie ou staaltjies met mekaar gedeel is en ook om huidige inligting met mekaar te deel”.

Daar was beslis tydens die aand lekker saam gekuier en geëet, en volgens Wayne was die aand ‘n groot sukses.

Sommige van die oud-matrikulate het sover as Miami in die VSA en ook Portugal gekom.

Wayne het vertel dat die groep van 1982 reeds besluit het daar sal weer ‘n reünie wees.

“Dit was ‘n wonderlike ervaring om weer ‘n klomp skoolmaats bymekaar te sien en ou staaltjies met mekaar te deel asook om op te vang en lekker saam te kuier”.

Hy wil ook net baie dankie sê aan die skool wat hulle fasiliteite aan hulle beskikbaar gestel het en die hulp van Monument se Belinda du Toit.

Die klas van 1982 van Hoërskool Monument het onlangs hul 40 jaar skoolreünie gehou.
Roelf en Alta Ehlers.
Zelda Storbeck, Ilet Bettings en Martha Luyk.
Die groep oud-matrikulante wat saam op Laerskool Paardekraal was en saam in Hoërskool Monument.
Daar was selfs bekers gemaak vir die aand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button