Local newsPrimary School

Reg om die leiding te neem in 2023

Laerskool Krugersdorp-Noord het hul hoofleiers vir 2023 aangewys en aan die publiek voorgestel.

Laerskool Krugersdorp-Noord het hul hoofleiers vir 2023 aangestel en die twee sê dat hulle daarop gaan fokus om ‘n voorbeeld vir hul mede leerders te wees.

Mienke Acker het vertel dat sy glad nie verwag het om as hoofdogter aangestel te word nie. Sy wil volgende jaar die kinders lei en help waar sy kan. As hulle sukkel kan hulle na haar toe kom. Vir haar is ‘n goeie leier betroubaar en iemand op wie die kinders kan staatmaak. Sy het vertel dat die ding wat haar skool so spesiaal maak is beslis die kinders se trots op hul skool.

Logan het vertel dat al het hy nie verwag om as hoofseun verkies te word nie, was hy nogtans baie bly. Hy wil 2023 ‘n goeie jaar maak en ‘n voorbeeld stel vir ander. Hy wil die res van die leerders help en lei. Logan glo ‘n goeie leier moet simpatie, empatie en selfbeheersing hê, en ook leiding neem in alles wat hulle doen. Hy vertel dat dit die onderwysers en leerders se trots is wat hom trots maak en dat dit sy skool ook die beste maak.

Mienke Acker en Logan Swart is Laerskool Krugersdorp-Noord se hoofleiers vir 2023.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button