CrimeLocal news

Het jy die bejaarde se voertuig êrens gewaar?

'n Bejaarde vra die gemeenskap om hulp nadat haar voertuig gesteel is. Sy vra of enige iemand dalk beeldmateriaal het wat hulle kan deel.

‘n Bejaarde vrou van Krugersdorp wil graag die gemeenskap vra om hulp om haar gesteelde voertuig op te spoor.

Alida Jordaan het vertel dat sy op Woensdag, 16 November haar wit Ford Laser voor die AGS Krugersdorp-Wes kerk op die hoek van Flemming- en Fisherstraat parkeer het.

Omdat sy sukkel om self by die trappe op te kom, het haar seun ‘n handjie bygesit en gou haar handsak binne gaan bêre. Maar met sy terugkoms is die kar skoonveld. Die voorval het so ongeveer 10:00 gebeur.

Sy het verdudielik dat die voertuig ‘n duik aan die bestuurderskant het asook krapmerke aan die passasierskant. Sy beywer die gemeenskap in die area om op hulle kringteleviese (CCTV) kameras te kyk of hulle nie haar voertuig gewaar nie.

Indien jy dalk beeldmateriaal van die voertuig, of leidrade het, kan haar seun Oubaas op 071 180 5003 gekontak word.

Die gesteelde wit Ford Laser

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button