CrimeLocal news

Huisbraak, diefstal twee van die dorp se grootste kopsere

EPR sekuriteit se jongste misdaadverslag dui daarop dat die maatskappy se sekuriteitsoffisiere op 23 insidente gereageer het tussen 2 en 8 Januarie.

EPR se jongste misdaadverslag wys dat daar tussen 2 en 8 Januarie ‘n totaal van 23 insidente by dié maatskappy aangemeld is. Dit blyk ook dat net soos in 2022 is huisbraak en diefstal twee van die grootste kopsere.

Lees ook: Diefstal weer bo aan EPR se misdaadlys; Monument loop meeste deur

Daar is ses voorvalle van huisbraak en sewe voorvalle van diefstal by die maatskappy aangemeld. Dit word kortkop gevolg met vyf insidente van saakbeskadiging. Ander voovalle sluit in roof, betreding, ‘n vermiste persoon, ‘n mediese geval en voertuig diefstal.

Die voorvalle is regoor Mogale versprei maar daar het wel drie elk in Krugersdorp-Noord en Monument plaasgevind. Twee gevalle elk is ook in Protearif, Rant-en Dal, Factoria en die Krugersdorp-middestad aangemeld.

Lees ook: Damage to property, break-in dominate EPR’s latest crime report of 28 incidents

Meeste van die voorvalle, 16 om presies te wees het tussen 00:00 en 12:00 plaasgevind en die ander in die laat middag of nag. Die besigste dag was egter Vrydag, 6 Januarie toe vyf insidente plaasgevind het. Daar is ook vier insidente elk op Dinsdag, 4 Januarie en Donderdag, 5 Januarie aangemeld.

Die jongste en volledige misdaadverslag van EPR sekuriteit. Inligting verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button