Mullies het 20/20 visie vir Kansa
'Lawwe' brille, hope pret en dit alles vir 'n goeie doel by Laerskool Muldersdrif.

Mullies-leerders het onlangs hul gewig agter die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) gegooi deur ‘lawwe’ brille skool toe te dra.

Tersia Pretorius van dié skool het gesê dat hul leerders 20/20-visie vir Kansa gehad het op Vrydag, 17 Maart.
Lees ook: Babas doen dit vir Kansa
“Die leerders kon enige bril opsit vir die dag. Tersia het vertel dat hulle op ‘n bril besluit het omdat hulle Kansa raaksien as deel van Menseregtedag wat op Maart 21 plaasgevind het. Die kinders kon hul bril ook versier presies net soos wat hulle wil en van die kinders het sommer baie kreatief geraak. Die fondse wat die dag ingesamel is is ook aan Kansa geskenk.

Lees ook: Alles pienk by Mullies ter ondersteuning van kankerlyers
“Ons Mullie-maats was kreatief en het die dag baie geniet. Mullies is tops!”

