CrimeLocal news

Geweldadige misdaad bo aan die lys van plaaslike sekuriteitsmaatskappy verslag

Die plaaslike sekuriteitsmaatskappy se getalle dui dat misdade soos roof, huibraak en gesinsgeweld bo aan hul weeklikse is.

Nadat EPR sekuriteit hul nuutste misdaadsyfers bekendgemaak het, het dit duidelik geword dat geweldadige misdaad volop in Krugersdorp is.

Die sekuriteitsmaatskappy se verslag wys dat hulle op 25 insidente gereageer het wat tussen 26 Junie en 2 Julie plaasgevind het. Hulle is uitgeroep vir vyf huisbrake, vyf voorvalle van diefstal en vyf rowe.

• Lees ook: Saakbeskadiging bo aan lys van 20 insidente in Mogale – EPR

Daar was ook drie saakbeskadigings, drie betredings en twee voorvalle van gesinsgeweld aangemeld. Ander voorvalle was vir bedrog en veediefstal.

EPR se misdaadverslag vir Krugersdorp. Foto: EPR Facebook-blad.

Vyf van hierdie voorvalle het in Noordheuwel plaasgevind terwyl daar vier in die middestad en drie elk in Kromdraai en Vlakplaas was.

Meeste van die voorvalle het by privaat wonings tussen middernag en middeldag plaasgevind.

Daar was op Donderdag, 29 Junie sewe insidente.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button