Local newsUpdate

Help so vir kleine Janelle

Volgens dokters is daar niks meer wat hulle vir klein Janelle Volschenck kan doen nie maar haar ouers glo dat hulle in die Kaap hulp sal kan kry, indien hulle die fondse bymekaar kan kry om daar uit te kom.

Vroeër die week het die Krugersdorp News verslag gelewer oor die twee-jarige Janelle Volschenck wat met ‘n hart defek gebore is. Nadat so baie gemeenskapslede uitgereik het om te vra hoe hulle kan help wil die News graag haar fondsinsamelings-blad deel.

Die dogtertjie is met ‘n pulmonêre atresie en interventrikulêre defek gebore. Hierdie tipe atresie beteken dat die pulmonale klep en sy takke baie klein is, of selfs nie bestaan nie. Sy het ook ‘n onderontwikkeling van haar regter uitvloei hartkanaal en arteriese pulmonêre klep.

• Lees ook: Klein Janelle veg elke dag vir haar lewe

Nadat sy talle hospitale besoek het is daar eindelik vir haar familie gesê dat dokters haar nie kan help nie. Haar ma, Riekie van der Merwe, het vertel dat hulle Kaap toe wil gaan om te kyk of daar nie dalk ‘n hospitaal of dokter is wat bereid is om hulle te help nie.

Die storie op die News se sosiale media blaaie het duidende mense aan die hartsnare getokkel en soveel het navore gekom met bemoedigende boodskappies om die familie te help.

Haar familie het vir haar ‘n fondsinsamelings-blad geopen sodat enigiemand wat wil vir haar donasies kan gee. Besoek gerus die blad by https://www.backabuddy.co.za/champion/project/janelle-volschenk-5692275072404729423 om meer inligting te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button