Local news

Nuwe fees, nuwe lewe!

'n Vryheidsfees en eerste van sy soort aangebied deur Tequila Rock het ongeveer 1 700 mense Silverstar toe gelok.

Die heel eerste Vryheidsfees van sy soort het honderde musiekliefhebbers Silverstar toe gelok op 27 April.

Die fees het van 12:00 tot 22:00 plaasgevind en alhoewel die fees by Silverstar gehou is, was dit deur Tequila Rock aangebied. ‘n Paar groot name in die Afrikaanse musiekbedryf was betrokke, insluitend Barto, Eloff, Droomsindroom en Riaan Benadé.

Zandré Hallatt, Jorden Potgieter, Chanté van Blerk, Calista Roothman wat Dodo se vertoning geniet.

Behalwe vir die kunstenaars was daar ook ‘n biertuin, kosstalletjies en vermaak soos springkastele vir die kinders. Die fees was ook waar Riaan Benadé die eerste keer sy nuwe album, Die Lot vertoon het.

Valen, Skyler en Marcel Bakker op ‘n springkasteel.

“Ons het die Vryheidsfees gestig om vermaak vir die Wes-Rand gemeenskap aan te bied, wie ons voel ook die beste atmosfeer het,” het Braam Kaps en Adriaan Janse van Rensburg, die organiseerders van die fees, gesê. Dit was ook die eerste fees wat hulle georganiseer het.

Chanelle Vosloo, Ellouise Smith en Schumé van Dyk by die fees.

Daar was rondom 1 700 mense by die fees, waar Barto sê dat die gees hom verstom het en dat dit iets was om aan gewoond te raak.

Charmoné Young en Fiona Greyling by die Vryheidsfees.

Talle familie en vriende het bymekaargekom om die dag saam te geniet. Daar was selfs kompetisies soos biersluk en wors eet. Wandré Coetzer sê hy die fees vreeslik geniet en dat dit ‘n belewenis was om saam vriende, wat hy as familie beskou, te kuier. Chantelle en Dylan Stander het al die pad van Nederland af gekom om die fees te geniet.

Chantelle en Dylan Stander (van Nederland) dans te heerlik.

“Ons wil plaaslike musiek en talent bevorder sodat die beste gehoor in die omgewing dit kan geniet,” sê Landi Homan en Melody Laubscher, eienaars van Tequila Rock.

 
Back to top button