Local news

Ontmoet een van die dorp se oudste praktiserende dokters

Een van Krugersdorp se oudste dokters praktiseer nog op 82-jarige ouderdom.

Dr Johannes Adriaan Louw praktieseer al vir byna 60 jaar en hy nogsteeds aan die gang.

Dr Louw wou al van sy kinderdae ‘n dokter geword het en het in 1961 by die Universiteit van Pretoria medies geswot waar hy in 1966 sy graad gevang het. Daardie tyd het hul nog geleer van Lobotomieë. Volgens ‘n artikel deur Mary West op Medical News Today is lobotomieë ‘n operasie wat die frontale kwab (frontal lobe) van ander dele van die brein skei.

Nadat dr Louw sy graad gekry het, het hy tot en met die einde van 1968 in die weermag as ‘n medikus gewerk. Hy het hierna by Krugersdorp Privaathospitaal begin praktiseer, waar hy daardie tyd die jongste donkter in die praktyk was. Hy is tans 82 jaar oud en beweer dat hy een van die oudste praktiserende dokters in die dorp is, waar hy al vir 58-jaar lank praktiseer.

“Medies is in my gene. Ek geniet my werk vreeslik, waar ek uitstekende verhoudings met my pasiënte het, en kry werksbevrediging deur mense te help,” het hy gesê.

Hy sê dat hy nog heeltemal op die bol is met sy werk, en nog baie gesond is, sonder enige siektes. Hy raak wel soms moeg na ‘n lang dag van werk, maar sê dit is in enige beroep op enige ouderdom die geval.

Die hoofrede hoekom hy nog praktiseer is om in sy ou-dae finansiële sekerheid en ‘n goeie pensioen te hê. Hy is wel van plan om eers oor ‘n paar jaar af te tree.

“Ek moedig mense aan om ‘n beroep te kies wat hulle werklik geniet en om finansieel goed te beplan vir hul toekoms,” het hy afgesluit.

 
Back to top button