Local news

‘Ek is Afrikaans maar steeds die belangrikste – Suid-Afrikaans’

Die Krugersdorp News vier Erfenisdag saam met inwoners soos Laetitia Schutte wat oor haar Afrikaanse kultuur gesels.

Suid-Afrika is een van die mees diverse lande ter wêreld, waar Erfenisdag ‘n belangrike rol speel in die viering van die verskillende kulture en erfenis.

Laetitia Schutte is ‘n Afrikaanse geskiedenisonderwyseres aan Hoërskool Noordheuwel, met ‘n patriotiese siening.

“Ek is ’n trotse Afrikaanssprekende, maar ook ’n Suid-Afrikaner wat aanleiding gee tot ’n breër en diverse perspektief in Suid-Afrika,” sê Laetitia.

Sy sê om Afrikaans te wees beteken om haar taal en geskiedenis van haar herkoms uit te leef, wat haar ‘n plek gee in haar land en gemeenskap wat eie is aan Suid-Afrika.

“Vir my beteken Erfenisdag om die diverse kulture in ons land in Afrikaans te vier, waar die breër gemeenskap ’n ongelooflike band vorm,” het sy bygevoeg.

Sy vertel verder dat daar ‘n verband tussen erfenis en kultuur is, waar dit tydens die viering van Erfenisdag verbind word deur die wyse van taal en optrede te demonstreer, waar ‘n mens die Suid-Afrikaanse kultuur uitleef.

“Ek en my gesin gaan beslis op die spesiale dag braai. Ons sal buite in ons pragtige land wees en sy skoonheid vier.

“Die dag is ‘n ongelooflike belangrike dag vir ons land. ‘n Mens moenie skaam wees vir jou kultuur nie. Alhoewel slegte dinge in ons geskiedenis gebeur het, kan ‘n mens nie aanbeweeg as jy nie uit die verlede leer nie. Dit vorm die Suid- Afrikaner, waar ons vir die toekoms kan leer. Wees trots op jou unieke taal en land, jy mag dit met trots vier!” het Laetitia afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button