Local news

K’dorp bejaardes geniet bietjie boeresport

Bejaardes regoor Krugersdorp raak aktief by Emmanuel Bejaarde Tehuis se jaarlikse boeresportdag.

Die Emmanuel Bejaarde Tehuis het onlangs ‘n boeresportdag aangebied vir hul inwoners asook ander tehuise in die gemeenskap.

Volgens die bestuurder van die tehuis, Jan Hamilton, was die doel dat tehuise in die omgewing teen mekaar meeding in verskeie aktiwiteite.

Jimmy Qick gooi ‘n boontjiesak.

“Almal kon lekker saam kuier en sosialiseer. Die tehuise wat deel was sluit in Môreglans, KCCA, Luipaardsvlei, Residentia Moria en Emmanuel. Ons hou dit elke jaar al vir die afgelope dekade,” het Jan met trots gesê.

Die Krugersdorp News het die dag bygewoon waar die bejaardes hul alles gegee het in onder meer pylgooi, boontjiesakgooi, bal-deur-‘n-hoepelgooi en wasgoedpennetjies knyp.

Daar was ook verskeie eetgoed beskikbaar soos vrugteslaai en toebroodjies. Vir die bejaardes wat ietsie rustiger wou doen, was daar ook kraletjies wat hulle kon ryg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button