Local news

Alle oë op oogtoetsmarathon vir ‘n goeie doel

Oogtoetsmarathon gehou as fondsinsameling om die WAS-stigting se sopkombuis te ondersteun.

Oogsorg gaan gewoonlik nie gepaard met ’n geldinsameling vir kos nie, maar Spec-Savers Krugersdorp en die We’re Against Starvation (WAS) Foundation het op 12 Oktober ’n oogtoetsmarathon vir dié doel aangebied.

Oogarts Fanie van Niekerk sê die doel van die dag was om soveel oë as moontlik op een dag te toets waar hulle dan elke persoon (wie se oë getoets is) se geld aan die WAS-stigting geskenk het.

“Ons het lanklaas so iets gedoen en wou weer begin. Tien mense se oë is gedurende die dag getoets en om terug te gee aan die gemeenskap,” sê Fanie opgewonde.

Stigter van WAS, Esmarelda van Zyl, het haar dankbaarheid teenoor Spec-Savers Krugersdorp se span uitgespreek.

“Ons wil graag vir Fanie en die hele span uit die diepte van ons harte bedank vir hul ongelooflike gebaar. Jou oogtoets-marathon was ‘n groot sukses en het gehelp om nodige fondse vir ons sopkombuis in Krugersdorp-Wes in te samel,” het gesê Esmarelda gesê.

Sy het het ook die gemeenskap bedank vir hul deelname en dat hulle gehelp het om kos te voorsien vir diegene wat dit die nodigste het.

“Die gemeenskap se ondersteuning en samewerking maak ‘n groot verskil,” het Esmarelda afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button