Local news

VLU bring Krugersdorp se vroue bymekaar

’n Damesoggend vol inspirasie, kultuur en gemeenskapsgees bring Krugersdorp se vroue bymekaar met ’n spesiale toespraak deur skrywer Susan Coetzer.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) Witwatersrand het onlangs vroue van die gemeenskap bymekaar gebring met hul fondsinsalmeling.

• Lees ook: VLU oorhandig geskenkblikkies met teddiebere as troos

Volgens Adri van Niekerk, streekvoorsitter van die VLU Witwatersrand, het die bekende Suid-Afrikaanse skrywer en gasspreker Susan Coetzer ook die geleentheid bygewoon.

Sy het bygevoeg hul het op 23 Mei ‘n damesoggend met die VLU Overvaal (Gauteng) Provinsie, waarvan Witwatersrand een van die streke is, aangebied.

Die doel van die dag was fondsinsameling maar ook om mense van buite die organisasie bekend te stel aan die VLU en die goeie werk wat ons doen,” het sy vertel.

Adri het bygevoeg, behalwe vir Susan wat hul kom toespreek het, het hulle ook hul nuwe banier met hul embleem van Witwatersrand aan die lede onthul, waar die VLU Overvaal president kortliks gepraat het oor die werk wat die VLU doen en hoe dit vroue op grondvlak bemagtig, ondersteun en toerus.

“Haar boodskap was ’n herinnering aan die belangrikheid van gemeenskap en gedeelde waardes. Ons het ook verskeie uitstallers gehad wat van hul goedere te koop aangebied het,” het Adri bygevoeg.

Sy het afgesluit dat sy ‘n uitnodiging wil rig aan enige vroue wat graag meer van hul wil weet of by ‘n tak naby hul wil aansluit. Indien jy belangstel, kontak Adri by 082 556 2984.

Jackie Krugel, Reinette Tonkin en Anita Oosthuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button