Local newsUpdate

Mnr Wêreld-verteenwoordiger oor chaos op Hendrik Potgieterweg: ‘Dit was soos iets uit ’n fliek’

Voormalige Mnr SA en Mnr Wêreld-verteenwoordiger deel sy trauma ná ernstige botsing op Hendrik Potgieterweg en doen dringende beroep op verkeerspolisie vir beter padveiligheid.

Na ‘n reusebotsing op Hendrik Potgieterweg, waarin 18 voertuie, insluitend twee vragmotors, betrokke was, vertel voormalige Mnr Suid-Afrika en Mnr Wêreld-verteenwoordiger Armand du Plessis (36) sy storie.

Hy sê hy was ongeveer 08:05 op 28 Augustus by die ongeluk betrokke.

Armand was op pad werk toe op Hendrik Potgieter, net verby Cradlestone Mall, waar die twee bane saamvloei. Hy verduidelik dat hy reeds in die enkelbaan was en die verkeer stadig beweeg het.

Armand du Plessis se motor na die ongeluk. Foto ingestuur

“Oomblikke later het ek in my tru-spieëltjie gesien hoe ‘n trok karre uit die pad stamp, in dieselfde baan as waarin ek was. Die trok het sy toeter gedruk, maar het teen ‘n ongelooflike spoed afgekom. Mens kon selfs die brieke hoor. Die karre het probeer uit die pad beweeg. Ek kon gelukkig die neus van my kar in die geelbaan kry, maar ongelukkig nie vinnig genoeg uit die pad kom nie,” vertel Armand.

• Lees ook: Emergency crews detail chaos in massive 18-vehicle crash near Pinehaven

As gevolg van die botsing het die ligte voertuie met mekaar begin bots.

“Daar is agter in my kar vasgery deur ‘n ander voertuig, wat veroorsaak het dat my kar in die rondte draai en tot stilstand kom. My kar se neus het in die teenoorgestelde rigting gewys. Dit was soos iets uit ‘n fliek.”

Hy sê dit is waar wat ander mense vertel net voor ‘n ongeluk gebeur: “Dit was asof my lewe voor my verby geflits het.”

Armand du Plessis. Foto: Facebook

In daardie oomblik het hy magteloos gevoel.

“Ek het grootliks ‘n gevoel van angs ervaar. Nadat die ongeluk plaasgevind het, was dit ‘n warrelwind van emosies op die toneel. Dit is iets wat ek nie kan beskryf nie,” het hy verduidelik.

• Also read: 19-vehicle crash chaos sees miracle escape for Toolbox Hub employee

Met al die ernstige botsings in die omgewing, voel Armand dat iets dringend daaraan gedoen moet word.

“Ek het na die ongeluk gewonder hoekom dit met my gebeur het en wat die doel daarvan was. Toe die emosies bedaar het en ek rustig kon raak, het ek begin wonder, as prokureur, of dit nie juis met my moes gebeur het om ‘n einde aan hierdie ernstige ongelukke te bring nie.”

• Read the initial article here: Traffic chaos near Cradlestone as 18-vehicle crash injures seven

Hy noem dat daar al planne en voorstelle was om die pad veiliger te maak, maar glo dat dringende ingryping op nasionale vlak nodig is. Hy sê dit is dalk tyd om ‘n dringende hooggeregshof-aansoek te oorweeg, iets wat volgens hom baie steun by plaaslike inwoners sal kry.

“Ek, tesame met my familie, is daagliks op daardie pad. Dit raak nou belaglik. Daar moet dringend ingegryp word, en ek is net te dankbaar dat die ongeluk nie soveel erger was nie. Maar vir my is elke ongeluk wat plaasvind, een te veel,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button