Local news
IN FOTO’S: Dros Krugersdorp se Winterspel trek groot skare
Blaai deur ons fotogalery en ervaar die musiek, geselligheid en gemeenskapsgees van Dros Krugersdorp se Winterspel.
Meer as 2 000 mense het op Sondag, 16 Augustus, by Dros Krugersdorp byeengekom vir hul tweede jaarlikse Winterspel.
Die musiek- en geselligheidsfees by Heritage Square het optredes deur bekende Afrikaanse kunstenaars soos Barto, Karlien van Jaarsveld, Dirk van der Westhuizen en Jakkals Vibes ingesluit.
Families en vriende het die dag geniet met lewendige musiek, die tradisionele biertuin en aktiwiteite vir kinders.
Volgens die fees se koördineerder, Leandri Pretorius, was die doel om die Krugersdorp-gemeenskap bymekaar te bring vir ‘n dag van pret en samesyn.
Sien foto’s van die Winterspel hier:








At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
