Schools

Groen vandag, want môre wag!

Laerskool Kenmare speel 'n rol om die omgewing te beskerm.

Laerskool Kenmare het onlangs vier bome geplant om Wêreld Aardedag te vier.

Wêreld Aardedag het in 1970 ontstaan om mense in te lig oor omgewingskwessies, hoe om die omgewing te beskerm, herwinning, volhoubare lewe en die plant van bome.

Omdat dit Wêreld Aardedag en vanjaar Laerskool Kenmare se 50e bestaansjaarvieringe is, het die dag begin met ‘n opening en gebed waar gasspreker en oud-Kennie van 1974, Phillip Greyling ‘n toespraak gelewer het oor die geskiedenis van die skool. Die leerders en personeel het van daar af veld toe beweeg waar hulle Oliehoutbome, wat tot en met 8m hoog kan groei, geplant het.

Malcom van Heerden, Fourie Potgieter, Joshua Potgieter, Marinus Swanepoel, Rowin Bergh en Alexander Ludeke wat die Oliehoutboom geplant het.

Volgens Marinus Swanepoel, koördineerder van Kenmare se bestaansjaarvieringe, is volhoubare praktyke belangrik, dus plant hulle bome.

• Lees ook: Kennies se 50e bestaansjaarvieringe skop af

Kennies streef dat dit elke persoon se verantwoordelikheid word om bome te plant. Die dag was baie spesiaal en dit is baie belangrik om na mens se omgewing te kyk,” het hy gesê.

Die leerlingraad het ook 100 Spekboompies geplant om vir die Eureka Care Tehuis-inwoners te gee.

“Die beste tyd om ‘n boom te plant is 25 jaar terug, en die tweede beste tyd is nou,” het Kennie hoofseun, Divan Coetzee, gesê.

Kennies wat een van die vier Oliehoutbome plant.
Lani Coetzer, Marinus Swanepoel, Lian Smith en Logan Greenberg na hulle ‘n Oliehoutboom geplant het.

 
Back to top button