Schools

Wees die lig vir die wêreld – Noordskool tydens Hemelvaart

Noordskool vier Hemelvaart en lê klem daarop om die lig te wees in iemand se lewe.

Laerskool Krugersdorp-Noord het op 29 Mei hul jaarlikse tradisie voortgesit deur Hemelvaart met oorgawe te vier.

• Lees ook: Nories stap kerk toe om Hemelvaartdag te vier

Noordskool woordvoerder, Quintin Botha, het gesê hul tema vir die jaar was ‘Wees die lig’, met verwysing na die woorde van Juanita du Plessis se bekende liedjie.

Hul tema vanjaar was ‘Wees die lig’.

Die woorde in die liedjie som ons Hemelvaart-boodskap mooi op. Wees die lig vir die wêreld, want Hy het dit gedoen,” het hy verduidelik.

Hy het afgesluit deur te sê ds Madelie Kruger het die diens gelei met ‘n boodskap.

“Steek ander se kersies aan want dan brand jou vlammetjie nog meer helder,” het sy gesê.

Madelie Kruger brand ‘n kers.
Noordskool-leerders vier Hemelvaart by die skool.
Annatjie Kruger en Lené Knoetze.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button