Schools

Wynliefhebbers klink vir ’n goeie doel

Tydens 'n aand van wyn en samesyn is fondse vir twee skole ingesamel.

Wynliefhebbers van regoor die dorp het bymekaargekom – nie net vir die liefde van wyn nie, maar ook vir ’n fondsinsameling tydens Laerskool Kenmare se eerste wynveiling.

• Lees ook: Kennies staan op teen boeliery

Elismé Taylor, voorsitter van die Kenmare Marlothii nie-winsgewende organisasie (NWO), het vertel dat die wynveiling in samewerking met Kennies en Primêre Skool Worcester aangebied is. Hulle het wynskenkings van verskeie wynplase ontvang en dit gebruik om op te veil. Ander items, soos pragtige leerballe en houtkroeë (gebou uit ou wynvate), is ook opgeveil.

Karla en Pieter Killian.

“Die fondse is ingesamel vir die twee skole vir die verbetering van fasiliteite, asook die opgradering van didaktiese hulpmiddels.

Ongeveer 180 mense het die aand bygewoon, terwyl verskeie ander die veiling regstreeks aanlyn gevolg en via ’n WhatsApp-lyn deelgeneem het,” het sy vertel.

Oud-Springbok Jannie du Plessis preek die gehoor.

Sy het bygevoeg dat hulle sowat 400 bottels unieke wyn en brandewyn verkoop het, insluitend van wynkelders soos Arenskloof, Burger Family Vineyards, Le Belle Distillery Range, Merida Wynkelder en KWV. Een Kennie-ouer het selfs ’n lot ter waarde van R28 000 gekoop.

“Baie dankie aan elkeen wat die aand saam met ons geniet het – beide diegene wat persoonlik daar was en dié wat die regstreekse uitsending gekyk en aan die aanlyn bieproses deelgeneem het,” het sy afgesluit.

Linda Smit, Sanet Beukes, Mariette Kassleman en Deidre Prinsloo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button