Noordskool se tydkapsule tradisie leef
Laerskool Krugersdorp-Noord vier 106 jaar met die heropening van hul nostalgiese tydkapsule van 2019.
Laerskool Krugersdorp-Noord vier vandag, 7 Oktober, sy 106de verjaarsdag en het onlangs die tydkapsule van 2019 oopgemaak.
Volgens skoolwoordvoerder Quintin Botha het Noordskool dié tradisie op 7 Oktober 2019 begin, toe die graad 1’s van daardie jaar saam met die hoofleiers ‘n reistas gepak het wat as ’n tydkapsule dien.
• Lees ook: Norie-tydskapsule geseël tot 2026
“Wanneer daardie graad 1’s in graad 7 is, kry hulle die geleentheid om op die skool se verjaarsdag die tas weer oop te maak,” het Quintin gesê.
Vanjaar is die eerste tas oopgemaak – die reistas van die skool se 100-jaar-feesjaar. Volgens Quintin het dit allerhande interessante items van daardie jaar bevat.
• Lees ook: Noodskool is 100 jaar oud
“Die twee graad 1-leerders wat destyds die tas gepak het, Leandri Myburgh en Henru van der Nest, was vanjaar weer bevoorreg om dit uit te pak,” sê hy.
Hy het bygevoeg dat twee vanjaar se graad 1-leerders weer ’n tas gepak het, wat in 2031 oopgemaak sal word wanneer hulle in graad 7 is.
“Ons wens ons pragtige skool ’n baie gelukkige verjaarsdag toe – mag daar nog vele jare wees,” het hy afgesluit.
