Noordskool-leerders lewer groot wiskundesukses
Keagan Pienaar en Heinu van der Nest het met hul puik prestasies by die Gauteng-Wes-distrikwiskunde-olimpiade ’n plek in die Gauteng-finaal losgeslaan.
Laerskool Krugersdorp-Noord se Keagan Pienaar (graad ses) en Heinu van der Nest (graad vyf) het verlede maand uitstekend presteer tydens die Gauteng-Wes-distrikwiskunde-olimpiade.
Volgens Noordskool-woordvoerder Quintin Botha is Keagan as die algehele wenner in die graad ses-afdeling vir dorpskole aangewys, terwyl Heinu tweede in die graad vyf-afdeling geëindig het.
• Lees ook: Van plaaslike verhoog tot Spanje
Albei leerders het deurgedring na die Gauteng-finaal.
Botha het verder gesê Keagan het ook 95% (goud) in die kwalifiserende rondte van die South African Math Federation-wiskunde-uitdaging behaal. Hy is vir die finale rondte, wat op 10 September plaasvind, gekies.
