Schools
Video: Jonges leer oor misdaad, veiligheid en polisiehonde
Polisiebeamptes het jong leerders oor misdaad, veiligheid, polisiehonde en die gevare van dwelms geleer.
Die Wes-Rand Blitspatrollie (WRB), soek-en-reddingseenheid asook honde-eenheid het op 19 Augustus Protie Kleuter Akademie besoek om leerders oor misdaad en veiligheid bewus te maak.

Volgens WRB-woordvoerder Karen du Plessis is jong kinders kwesbaar en bied sulke besoeke hulle ’n beter perspektief op misdaad. Beamptes het die leerders onder meer geleer hoe om hulself veilig te hou, asook oor polisiehonde en die gevare van dwelms.

Skoolhoof Helena Koekemoer het gesê die leerders was baie opgewonde oor die besoek, aangesien hulle min blootstelling aan die polisie het.

Kyk die video hier:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
