Schools

KYK: Manne, musiek en lekker kuier wag tydens Proties se Manneaand!

Sowat 500 mans word vir ’n aand van musiek, kos en goeie gees verwag.

Laerskool Protearif se Manneaand op 30 Oktober gaan na verwagting sowat 500 mans betrek vir ’n aand van vermaak, gemeenskapsbetrokkenheid en fondsinsameling.

Volgens Proties-onderwyser Edwin van der Merwe word die geleentheid van 17:00 tot 23:00 by die skool aangebied. Die fondse wat ingesamel word, gaan ten bate van die skool se nuwe nie-winsgewende organisasie, Protea 26.

Kaartjies kan op iTickets gekoop word.

Die aand beloof lewendige musiek, ’n kontantkroeg, T-bones om aan te smul en goeie gees. Kunstenaars wat gaan optree, sluit Ricus Nel, Prop en Nastassja Ras in. Volgens Edwin word die geleentheid nie net as ’n skoolgeleentheid aangebied nie, maar ook vir die breër gemeenskap.

Hy sê die skool is baie opgewonde oor die aand en verwag ongeveer 500 bywoners en baie gees.

Kyk hier:

@caxton.jhbwest Proties-onderwyser Edwin Van der Merwe nooi die gemeenskap na hul Manneaand toe, wat op 30 Oktober plaasvind. Kaartjies is op iTickets beskikbaar. #fyp #krugersdorpnews #laerskoolprotearif ♬ original sound – Caxton JHB West

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button