BlogsOpinion

Die lewe is broos

"Dit is so dat ons beplan om vir altyd te lewe. Dit is ook ‘n feit dat dit ongelukkig nie gaan gebeur nie."

“Ek wil graag ons lesers ‘n mooi stuk lewensreis toewens vir die jaar 2015,” skryf die news se plaaslike regsgeleerde, Christo Swart in sy regsadviesrubriek.

“So gepraat van ons lewensreis – ek besef net elke dag al hoe meer hoe kort en broos die lewe is. Alhoewel ons almal graag vir altyd sal wil bly lewe, is dit nie die geval nie. Ons mensdom is wel seker oor twee dinge in die lewe, naamlik dat ons belasting moet betaal en uiteindelik sal doodgaan.

“‘n Verskynsel wat die laaste ruk redelik gereeld in my praktyk opgeduik het is dat iemand baie vinnig deur siekte ingehaal en platgetrek kan word. Siekte kan wissel van ‘n normale agteruitgang, of akute gebeure. Dit bring mee dat mense nie meer hulle eie sake kan hanteer nie – byvoorbeeld na ‘n ernstige beroerte-aanval.

“Alhoewel ‘n mens ‘n testament opgestel het vir die dag van jou dood is die testament in so ‘n geval nog nie van toepassing nie. Tog is daar verpligtinge wat steeds nagekom moet word, soos rekeninge wat betaal moet word. Sou die rekeninge boonop agterstallig raak, het dit ander komplikasies; om nie te praat van die bekommernisse van nabye familielede omdat die persoon nie die finansiële sake soos tevore kan hanteer nie.

“Daarom wil ek vandag voorstel dat u dit sterk oorweeg om ’n algemene volmag voortydig te laat opstel. ‘n Algemene volmag behels dat ‘n persoon ‘n vertroueling behoorlik in sy of haar skoene laat klim wat dan sy of haar finansiële sake in totaliteit hanteer. Dit bied groot gemoedsrus vir die persoon wat siek is, sowel as vir nabye familielede.

“Dit is so dat ons beplan om vir altyd te lewe. Dit is ook ‘n feit dat dit ongelukkig nie gaan gebeur nie. Siekte kan ‘n mens op allerlei wyses inhaal en partykeer vinniger handelingsonbevoegd maak as beplan. Die oud-Beatle John Lennon het gesê die lewe is dit wat gebeur waarvoor mens nie beplan nie. Ek wil graag voorstel dat u voortydig beplanning doen vir sodanige geval.

“U kan die vrymoedigheid neem om met u prokureur te gesels om ‘n algemene volmag te laat opstel en wat ook die inhoud en implikasies daarvan aan u sal verduidelik.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button