
Wat het van ons mooi Krugersdorp geword?
Ons skoon en gelyke sypaadjies? Nou moet ons mooi kyk waar ons trap, want daar is gate of sementblokke wat halfpad in die lug staan, of stukke papier, plastiek, bottels en ander gemors.
Die voetgangers – ek is een van hulle en is 74 jaar oud – moet partykeer wag dat die robot twee maal verander voor ons kan oorloop. Karre wat draai gee jou nie ‘n kans nie.
Geraas van karre en taxi’s wat hulle radio’s so hard sit dat die geboue se vensters bewe – ek bly in ‘n woonstel en ek ondervind dit elke dag. Klubs waarheen die jongklomp gaan; ai as van die kinders se ouers hulle maar net kan sien. Staan op die sypaadjie en drink.
Baie van hulle onder 18 jaar. Die klub se musiek is oorverdowend hard, geen respek vir ander mense nie. Van die karre by die klub en ook motorfietse; ek sal liewer nie praat nie. Bel polisie vier keer, foon twee keer op voicemail, een keer belowe hulle om te gaan ondersoek instel en vierde keer my baie sleg geantwoord.
Arme Krugersdorp.
