BlogsLettersOpinion

Vrug van die Gees

Mnr LuckyCharm skryf:

Christus Jesus het gekom vir dié wat siek is en nie vir dié wat gesond is nie. Wat is die vrug van die Gees binne jou? Dit is Christus-liefde, dit is die vrug van die Gees binne my, dit is wat ek leef.

Die kritiek op, oordeel en veroordelings van die sekswerkers, hoe tragies; dan besef ek Christus word nie erken nie en die liefde van God ken hulle nie.

Ek self loop deur onder baie kritiek, veroordeling en oordele, maar gelukkig is ek om te verstaan dat ek nie veroordeel word nie maar die Gees in my word veroordeel en dit is die Christus Gees van die liefde van God.

Ek hoor van tough love en hoe dit geregverdig word, ek hoor van die liefde en die werke is nie daar nie. Ek hoor van die perd wat na die waters toe gelei word wat jy nie kan maak drink nie, maar die gees vertel my iets anders.

As die perd nie wil drink nie en jy is lief vir hom, laat jy hom nie oor aan die wolwe nie, jy laat hom nie net laat gaan nie, jy sorg nog steeds vir hom, laat hom veilig woon en wanneer hy dors is laat jy hom drink. Die Gees van God eerste, my naaste tweede, dan ek. Is dit nie die Gees van God nie, het Christus Homself nie derde gestel en gesterf vir ons sondes nie?

As jy die Woord ken, sal jy by die waarheid uitkom. Tough love kom nie van God nie, maar is duiwels. Tough love forces the issue, God forseer nie. Die afvalligheid kom as gevolg van geen liefde vir God nie. As jy God liefhet sal jy doen wat Hy sê en nie jou eie gevoel en denke volg nie, maar jy sal die Woord, die Gees van God volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button