LettersOpinion

Help die trolliepreneurs só

Koos Vos van Noordheuwel skryf:

Ek verwys na die voorbladartikel van die News genaamd Dustbin diggers receive recognition.

Dit is fantasties en dankie vir Silverstar se inisiatiewe.

Ek het ‘n hart vir dié mense, ek waardeer geweldig wat hulle doen en probeer altyd om dinge vir hulle makliker te maak.

Ek het al op verskeie plekke goeie herwinningsinisiatiewe gesien maar dit is yl gesaai en hou gewoonlik nie lank nie want mense misbruik die voordeel en dan kom dit tot ‘n einde.

Ek wil graag deurgee wat ek nou al etlike jare doen:

• Elke week wanneer ek ons asblik uitsit sodat Mogale se werkers dit kan oplaai, haal ek ook ‘n swartsak uit wat ek op ‘n plekkie in ons binnehof hou.

• Alle gemors wat niemand wil hê nie gooi ons in die asblik.

• Alles wat herwinbaar is soos koeldrankbottels, wynbottels, koffiebottels, die afgelope week se News, uitgespoelde melkbottels en soortgelyk gooi ons in die plastiek sak(ke).

• Volgende week wanneer ek die asblik uitsit plaas ek die plastiek sak(ke) bo in die asblik en die diggers hoef dit net uit te haal. Ons spaar hulle die onsmaaklikheid om deur ons onooglike en onaangename gemors te krap.

• Dan haal ek net weer ‘n nuwe swart sak uit en al wat dit ons kos is vier swartsakke per maand en ‘n hart vir die diggers om dié produkte wat hulle aan die lewe te hou, eenkant te hou.

Die trollies waarmee die diggers soms kilometers moet stap om die produkte in kontant te omskep, is pateties. Het jy nie dalk ‘n spaar stel goeie wiele in jou garage nie? Dan kan jy dalk vir een van die diggers in jou omgewing ‘n eenvoudige maar effektiewe karretjie bou. Dit is beslis iets waaraan ek lankal dink. Dalk kan mens dit vir Silverstar se projek skenk? Net ‘n gedagte …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button