
Weereens ‘n groot dankie aan die Dr Yusuf Dadoo Hospitaal se tandartsafdeling!
‘n Spesiale dankie aan Margaret Moseu en Thokozile Sithole wat ons met ons eerste besoek so vriendelik gehelp en verduidelik het hoe die proses werk om ‘n tandarts te kan sien. Die tandarts was reeds van diens af maar ons kon die volgende oggend teruggaan.
Die volgende oggend was ons terug, en die proses het seepglad verloop. Na net ‘n bietjie meer as ‘n uur is my kind se verstandtand sommer vinnig in die stoel getrek. Sy is mooi verduidelik hoe sy die volgende paar dae haar mond moes behandel.
Dit het gebeur toe Kersfees net verby was en die nuwe jaar net om die draai gelê het. As ek net dink hoe moeg ek self daardie tyd van die jaar vir mense en die kantoor is, wil ek ‘n groot dankie sê vir hierdie dokters, voordames en die afdeling in geheel.
Dit was ‘n plesier om deur julle gehelp te word.
