
Mnr Esterhuizen se brief wat in die 27 Januarie-uitgawe van die News verskyn het, getiteld Is Afrikaans regtig groot? het verwysing.
Sal u, mnr Esterhuizen, so gaaf wees om net aan my en die lesers die volgende te verduidelik: Waar lees u dit? U het gesĂȘ Fil 3:8. Moet ek eerder vra hoe lees u daar waar hy skryf van “drek”, dat dit op die vermenging van taal betrekking het?
Hoe op aarde kom u daarby uit? Ek het die hele hoofstuk weer in sy konteks bestudeer en dis beslis nie wat Paulus met die woord bedoel of waarna hy hoegenaamd verwys nie. Hoe nou?
Verduidelik asseblief stap vir stap vir ons want dis glad nie cool nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
