LettersOpinion

Doen so voort, Mogale City Verkeer!

Marita Janse van Vuuren van Krugersdorp-Noord skryf:

Graag wil ek my verbasing uitspreek oor Mogale City Verkeersdepartement se diens.

Die kruising by Albertina Sisulu- en Chamdorweg in Luipaardsvlei is al vir baie jare gereeld ‘n nagmerrie in die oggendverkeer. Die verkeer vanaf Chamdor druk net eenvoudig oor die rooi verkeerslig in die stilstaande verkeer onder die brug in en veroorsaak groot opeenhopings vir die verkeer vanaf Krugersdorp en Roodepoort.

Vandat die verkeersbeamptes die laaste paar maande in die oggende daar staan, vloei die verkeer baie beter.

Ek was so verbaas om hulle selfs in die reën daar te sien staan. Ek hoop hulle kan volhou met hierdie diens, totdat die ongehoorsame padgebruikers geleer het hoe om daardie kruising te gebruik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button